top of page

As jy bekommerd is oor dit wat jou kinders aangaande evolusie in die skool leer en nie weet hoe om hulle reg te help nie, dan is hierdie boek vir jou. As jy dink dat die ‘storie agter die storie’ te kompleks is om te verstaan, dan is hierdie boek vir jou. As die waarheid REGTIG vir jou saakmaak ten spyte van wat die ‘meerderheid’ wil hê jy moet glo, dan is hierdie boek vir jou! En as jy sommer net nuuskierig is, dan is die boek beslis ook vir jou. Ek het van die interessantste inligting oor die skeppingsleer teenoor die evolusieleer gekondenseer om dit makliker verstaanbaar te maak vir mense wat nie noodwendig ʼn wetenskaplike agtergrond het nie (Ouderdom 12-112). Hoekom is dit belangrik? Waaroor gaan die groot bohaai as dit kom by evolusie en die Bybel? Het God nie dalk maar net die ‘proses van evolusie’ gebruik om alles tot stand te bring nie? Min mense besef dat die evolusieleer ʼn anti-Bybelse godsdiens bevorder en dat selfs sommige kerk-leiers nie meer in hulle eie boek - die BYBEL - glo nie. Die toenemende ontkenning van die Skepper-God word baie duidelik uitgespel in die eerste twee beginsels van die ‘Humanist Manifesto’ van 1933, opgedateer in 2003, waar die heelal as self-onderhoudend gesien word (dus nie geskep) en waar Humanisme beweer dat die mens deel uitmaak van die natuur waaruit hy ontstaan het as die resultaat van ʼn aaneenlopende ‘natuurlike’ proses.

 

Inligting is akkuraat en relevant en in ‘n gekondenseerde, maklik-verstaanbare formaat. Daar word veral gefokus op die interesantste ontdekkings in die skeppingsleerwetenskap. Die doel is om aan die leser die Bybels-gefundeerde vertolking te gee, asook die gepaardgaande wetenskaplike bevestiging daarvan. ‘n Wye reeks bronne is gebuik om die inligting saam te stel met ‘n groot proporsie daarvan vanuit artikels (onderhewig aan eweknie evaluering of ‘peer review’) beskikbaar by Creation Ministries International (CMI).

 

Klik HIER vir bestellings.

SKEPPING DEUR GOD, of evolusie… uit niks?

R280.00Price
    bottom of page