top of page

Evolusie: Kom ek van 'n aap af?

Baie mense glo dat die mens vanuit 'n aapagtige voorganger ontwikkel het.  Is hierdie 'n waarneembare en wetenskaplik toetsbare siening?  Wat is die moontlike alternatiewe?

Waar kom alles vandaan?

Wat is die Oerknal?  Is dit 'n logiese verduideliking vir die oorsprong van die Heelal?  Is daar 'n alternatiewe teorie wat dalk meer geldig is?

Wat het van die dinosourusse geword?

Het dinosourusse miljoene jare voor die mens gelewe of kan hulle tot onlangs nog saam met die mens geleef het?

Wat van Buiteruimtelike Wesens?

Bestaan daar werklik Buiteruimtelike Wesens (Aliens)?  Hoe onderskei ons waarheid van fiksie? 

Die internet is vol interessante inhoud.  Daar is artikels, video's en foto's.  Dit is een van die heel beste plekke om iets nuuts te leer.  Jy moet egter ook versigtig wees en weet dat jy nie alles kan glo wat jy jy hoor en sien nie.  Kyk altyd krities na elke video en artikel.  Hier is 'n webblad met uiters betroubare bronne.  Dit gebruik wetenskaplike feite en leer jou om objektief te bly en kritiese vrae te vra in die wetenskap.  So kan jy akkurate gevolgtrekkings maak en by die waarheid uitkom.

Please reload

bottom of page