top of page
Bronne:
Bronne

Creation Ministries International

Creation.com is waarskynlik die wêreldleier in die verkondiging van Kreasionisme.  Dié webtuiste bevat artikels van hoogs gekwalifiseerde akademici wat 'n wye spektrum onderwerpe dek.  Die webblad beskik ook oor 'n afdeling vir kinders met 'n groot verskeidenheid video's, leesstukke en werksvelle.  Teken in op die Creation tydskrif wat beskikbaar is in digitale- of gedrukte formaat.  CMI Info Bytes is weeklikse nuusbrokkies wat per e-pos ontvang word. Jy kan self kies watter onderwerp jy verder wil lees.

Answers in Genesis.

Answers in Genesis is 'n apologetiese (d.w.s Christelikverdedigende) bediening.  Dit is toegewyd daaraan om Christene in staat te stel om hul geloof te verdedig en die evangelie van Jesus Christus effektief te verkondig. Hulle fokus veral op die verskaffing van antwoorde op vrae rondom die boek Genesis, aangesien dit die Bybelboek is wat die meeste aangeval word. Hulle lei ook ander op om 'n Bybelse wêreldbeskouing te ontwikkel en probeer om die bankrotskap van evolusionêre idees en die idee van 'n "miljoene jare oue" aarde bloot te stel.

Institute for Creation Research

Na meer as vier dekades van bediening bly die Instituut vir Skeppingnavorsing (ICR) 'n leier in wetenskaplike navorsing binne die konteks van Bybelse skepping. ICR is in 1970 gestig deur dr. Henry Morris.  Dit het sy ontstaan gehad uit die wetenskaplike navorsing van oorsprongswetenskap en aardgeskiedenis.  Dit poog om die publiek, formeel sowel as informeel op te voed.  Hierdie opleiding geskied deur gegradueerdes- en professionele opleidingsprogramme, konferensies en seminare regoor die wêreld. ICR bied boeke, tydskrifte en media-aanbiedings vir die individu en groepe met 'n gevorderde belangstelling in Kreasionisme.

Please reload

bottom of page