top of page
Wat doen ons?

Lesings, Kursusse en Werkswinkels

TAS Forum bied 'n verskeidenheid lesings, kursusse en werkswinkels aan na gelang van u behoefte: Van korter  lesings tot vier-uur-werkswinkels, asook tweedagkursusse, kleingroep-aanbiedings en Sondagskoolreekse. 

Sondagskoolreeks

Ons bied 'n aksiebelaaide, multimedia reeks aan.  Onderwerpe soos die ontstaan van die heelal, die geldigheid van die evolusieteorie en dinosourusse word onder andere aangespreek.  Ons leer kinders hoe om die onderwerpe in die klaskamer te hanteer deur kritiese denke toe te pas en die regte vrae te vra.

Onderwyseropleiding

TAS Forum bied 'n baie effektiewe, alternatiewe metodiek aan onderwysers om onderwerpe soos evolusie, die miljoene-jare teorie en kreasionisme aan te bied. 

Ons hou by die leerplan van die DBO, leer kinders en onderwysers om krities te dink en bronne krities te evalueer. Objektiewiteit in die wetenskap is sleutel tot rasionele denke en sinvolle gevolgtrekkings in die wetenskap. Ons bestudeer die evolusie teorie deur kritiese vrae te vrae.  Ons motiveer onderwysers en kinders om nie die evolusieleer te vermy nie.

Onderwysers hoef min tot geen ekstra voorbeiding te doen nie.  Ons voorsien u van webtuistes en ander hulpbronne.

Skeppingsleer- en Fossieltoere

Ons Skeppingsleer- en fossieltoere is wonderlike geleenthede.  Die toere is vir kinders en volwassenes en word jaarliks met groot opwinding, goed ondersteun.  Toergangers sien God se Woord in die natuur lewend word.  Hulle tel fossiele op, staan in dinosourusspore en ondersoek bewyse vir 'n globale (Bybelse) vloed.  Ons vergelyk die evolusie- en die skeppingsleer m.b.v. kritiese vrae en deur waarneembare, herhaalbare en gekontrolleerde wetenskaplike prosesse in die wetenskap toe te pas.

Media

Ons lewer kommentaar op gepubliseerde inligting wat te make het met godsdiens, opvoeding en morele kwessies. Ons bevorder rasionele, objektiewe wetenskap in die media en bied alternatiewe bronne aan belangstellendes.

TAS Forum evalueer en reageer op berigte en artikels in gedrukte media, skryf artikels en ontwikkel hulpbronne soos boeke, animasie en video's om die waarheid in die wetenskap te bevorder en die Woord van God se gesag te beklemtoon.

Ons maak gebruik van sosiale media om relevante bronne te promoveer en te deel.

Netwerk en Bemagtiging

Ons netwerk met ander organisasies ten opsigte van kwessies soos opvoedkundige wetenskap, Intelligente Ontwerp en die geldigheid van Die Bybel.  Ons bied ondersteuning, opleiding en bronne aan soortgelyke organisasies en individue.

Please reload

bottom of page