top of page

Skeppingsleer-toer

Besprekings vir die 2023 is nou oop.  Kontak ons gerus by info@tasforum.org indien jy meer wil weet van hierdie baie gewilde toer.  Hou ons webblad en Facebook-blad dop vir inligting oor toekomstige toere. Klik op die volgende video om die hoogtepunte van ons vorige toere te sien.

Skeppingsleer-toer na Sutherland 

                                          29 Sept- 1 Okt 2023

 

TOERAKTIWITEITE:

Die Skeppingstoer na Sutherland word deur die Truth and Science Forum aangebied en sluit in die volgende akitwiteite:

  • Fossiel-besigtigingstoer by Rogge Cloof privaat natuur reservaat buite Sutherland

  • Sterrekyk by Rogge Cloof buite Sutherland

  • Besoek aan die Platorand by Blesfontein naby Sutherland

  • Kort ondersteunende lesings oor bewyse vir Genesisvloed, dinosourusse, die gevare van die evolusieteorie, en die Skepping. 

 

Die hoofdoel met die toer is:

  • Om die Genesis-weergawe van die vloed as histories en wetenskaplik korrek te bevestig.

  • Om die Waarheid en Gesag van die Bybel as God se Woord te bevestig 

  • Om beter begrip rondom die grootheid en soewereiniteit van God te vestig  deur te fokus op die wonders van Sy skepping

 

DATUM, TYD EN PLEK:

  • Vertrek Vrydag 29 September 2023 (skoolvakansie) 

  • Vervoer – Eie vervoer (Kontak TAS indien u persone soek om saam te ry/of om mee saam te ry).

  • Verblyf in pragtige selfsorgeenhede by Rogge Cloof privaat natuurreservaat buite Sutherland.

  • Die eenhede is loopafstand van mekaar. Loer gerus by www.roggecloof.com , dis pragtig!

  • Rogge Cloof gaan sorg vir al die etes vanaf Vrydagaand tot Sondagoggend.

 

KOSTES:

  • R1700/persoon  (R1000 deposito nodig om plek te bespreek en restant voor 15 Aug 2023). 

  • Beperkte plekke beskikbaar, bespreek dus vroegtydig

  • Kostes sluit die volgende in:

    • Etes en verblyf vanaf Vrydagaand tot Sondagoggend

    • Alle toegangsfooie, fossielbesigtings, gidse en sterrekyk

Aansoekvorm

FOTOS VAN VORIGE TOERE

bottom of page