top of page

Evolusie word wêreldwyd as n wetenskaplike teorie voorgehou. Is dit die waarheid of dalk die grootste leuen van alle tye? Is dit moontlik dat evolusie dalk niks anders as ’n geloofsisteem is wat die Christelike geloof en Die Bybel direk teengaan nie?

Om ingeligte antwoorde op hierdie vrae te verskaf word die basiese aannames van die Oerknal en die evolusieleer in die boek deeglik ondersoek. Vrae soos die volgende word behandel:
• Was daar werklik 'n Oerknal?
• Hoe het lewe op Aarde ontstaan?
• Is Darwin se evolusieteorie enigsins haalbaar?
• Is lewe op ander planete, byvoorbeeld Mars, moontlik?
• Hoe oud is die Aarde?
• Was daar 'n wêreldwye vloed?
• Het dinosourusse werklik miljoene jare gelede uitgesterf?
• Is die verhaal van Noag en die Ark enigsins moontlik?
• Bevestig of weerspreek die fossielrekord die evolusieteorie?
• Is evolusie 'n wetenskap of bloot n ateïstiese geloof?

Die gevolgtrekkings wat in hierdie boek gemaak word, sal vir baie mense verrassend wees en antwoorde op baie komplekse vrae verskaf. Dit word sterk aanbeveel vir elke skolier, student, ouer en elkeen wat rasionele geloofsbesluite wil maak.

 

E-pos info@tasforum.org vir bestellings.

 

EVOLUSIE: WETENSKAP OF GELOOF

R240.00Price
  • 'n Afleweringskoste van R60,00 word verlang.

     

    Bestel jou kopie nou by hnbevolution@gmail.com.

bottom of page