top of page

Waarheid en Objektiwiteit in Wetenskap

Evolusie word wêreldwyd as 'n wetenskaplik bewese  teorie voorgehou, maar is dit  werklik wetenskap...of dalk die grootste leuen van alle tye?  Is dit moontlik dat evolusie niks anders as ’n geloofsoortuiging is wat die Christelike geloof en die Bybel direk teengaan?

Om ingeligte antwoorde op hierdie vrae te verskaf moet die basiese aannames van die Oerknal en die evolusieleer deeglik ondersoek word deur rasionele vrae te vra en objektief te bly in die Wetenskap. Hierdie vrae sluit in:

 

  • Was daar werklik 'n Oerknal?

  • Hoe het lewe op Aarde ontstaan?

  • Is Darwin se evolusieteorie enigsins haalbaar?

  • Is lewe op ander planete, byvoorbeeld Mars, moontlik?

  • Hoe oud is die Aarde?

  • Was daar 'n wêreldwye vloed?

  • Het dinosourusse werklik miljoene jare gelede uitgesterf?

  • Is die verhaal van Noag en die Ark enigsins moontlik?

  • Bevestig of weerspreek die fossielrekord die evolusieteorie?

  • Kan evolusie as wetenskap beskou word of bloot 'n humanistiese geloof?


Die rasionele gevolgtrekkings wat gemaak word, mits jy objektief bly, sal verrassende antwoorde op baie komplekse vrae verskaf. Dit word sterk aanbeveel dat elke skolier, student, ouer en elkeen wat rasionele geloofsbesluite wil maak, ondersoekend en krities teenoor die evolusieleer sal bly.

Vir meer inligting klik op Bronne of kontak TAS Forum vir meer inligting of 'n optrede in jou omgewing.


 

Creation Science Crash Course - Lecture 1 - Two World Views
bottom of page